Tony Ridgway, Melkbosstrand
Die lente aan die Weskus kom
Met blomme vol en bont in blom
Die rooi papawers hardloop in die wind
September is ’* helder maand
Die neon vygies verlig die aand
As jy my hier kom soek, sal jy my vind
Deur al die kleure
Bly my hart nog weerloos
Want sonder jou my lief
Is my lewe kleurloos…
September aan die Weskus blom
Die daisies en die keurtjies kom
Die froetangs soen kalkoentjies in die wind
Oktober se wit sê nog voor
En die kleur van bruide wat bekoor
Ek wag nog altyd hier vir jou, my lief…
Sal jy weer na my toe kom
As die klipkalossies blom?